article · LitNet Akademies
OpsommingDie ontdekking van die vier diatomiese digoudverbindings, Au2, Au2 + , Au2 2+ en Au2 -, het 'n belangrike nuwe navorsingsgebied in gasfasestudies van swaarder oorgangselemente ingelui.Hoogtepunte uit die daaropvolgende ondersoeke wat in hierdie oorsigartikel krities onder die soeklig kom, sluit in die beskrywing van die elektroniese strukture en bindingseienskappe van die betrokke spesies in die grond-sowel as opgewekte toestand, die eenduidige toekenning van sekere elektroniese oorgange gedurende foto-aktivering en verskeie sienings oor die fisiese bindingsvormingsproses vir diatomiese sisteme.Regium-en waterstofbindingsvorming word ook op 'n fundamentele vlak vergelyk.Baanbrekerstoepassings het reeds uit die gerapporteerde werk voortgevloei en sluit in aktuele, hoogs selektiewe katalitiese prosesse (o.a.CO-oksidasie en metaanaktivering) en die gepaardgaande kompleksvorming met eenvoudige monodentate toeskouer-of deelnemende ligande.Verskeie voorstelle wat belofte inhou vir verdere ondersoek in hierdie dinamiese navorsingsveld word gemaak.
This page summarises published work. The authoritative version sits with the publisher.
DOI: 10.56273/1995-5928/2024/j21n1f1
Is something wrong with this record? Report it or request removal.
Discussion
Have you built on this work, tried to replicate it, or seen it applied in practice? Share what you know. Verified researchers and MARATTO™ domain experts can open a discussion, and any member can reply. Contributions are reviewed before they appear.
No discussion yet. Open the first thread.
New to MARATTO™? Create a free account.